fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Staat draai skroewe teen wittes aan met nuwe SEB-kodes wat op 1 Mei vanjaar in werking tree

Dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het vandag in die parlementêre portefeuljekomitee oor handel en nywerheid bevestig dat die nuwe wet op SEB-kodes op 1 Mei vanjaar in werking tree, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.

Adv. Alberts sê die VF Plus opponeer SEB steeds en glo dis ongrondwetlik omdat dit rassewetgewing verskerp eerder as om aan behoorlike ontwikkeling soos ondernemingsontwikkeling aandag te gee.

Hy sê die Grondwethof het reeds bevind dat wetgewing wat nie rasioneel gekoppel is aan ‘n uitkoms nie, ongrondwetlik is. Die SEB-wetgewing daarom is juis irrasioneel omdat dit ‘geensins’ geslaag het in die skep van werk en vermindering van armoede nie.

Volgens adv. Alberts is die uittredende uitvoerende hoof van FirstRand, Sizwe Nxasana, in die kol deur te sê die staat moet die skuld kry vir die lae vlakke van swart eienaarskap van die ekonomie, en nie die private sektor nie.

“Die VF Plus stem saam met Nxasana dat SEB gefaal het en dit die regering se skuld is. Die regering se fokus vir ontwikkeling is verkeerd en moet gerig wees op die skep van nuwe besighede, opleiding van entrepreneurs en die skepping van belastingvoordele vir klein ondernemings.

“Daar word te veel klem geplaas op die skep van rykdom deur eienaarskap van aandele van bestaande besighede. Dit is bloot ‘n herverdeling van die bestaande koek en groei nie die ekonomie nie, maar plaas eerder ‘n demper op bestaande sakebedrywighede.

“Die regering moet wegbeweeg van die nuwe apartheid van rassewette aangesien dit bloot die gaping tussen ryk en arm vergroot. Die waarheid is dat die meeste wittes en swartes verarm en ‘n klein groepie swartes en wittes verryk word sonder dat die ekonomie groei.

“Dit is tyd dat die regering hierdie waarheid begin insien. Die VF Plus maak werk daarvan om van ekonomiese rassewette ontslae te raak deur eerstens die toepassing van regstellende aksie (RA) in die staatsdiens tot ‘n einde te bring.

“Die VF Plus het oor hierdie aangeleentheid reeds in gesprek getree met die regering, en sal daarmee aanhou tot sukses bereik word,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.