fbpx
Vryheidsfront Plus

Spesiale ondersoekeenheid ondersoek omstrede tenderproses in Midvaal

Die VF Plus verwelkom die opdrag van president Cyril Ramaphosa aan die spesiale ondersoekeenheid (SOE) om ‘n omstrede tenderproses in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) te ondersoek.

Die tenderproses handel oor die verkryging van ‘n kontrakteur vir die huur van ‘n voertuigopsporingstelsel insluitende die installering, monitering en onderhoud van ‘n webgedrewe, direkte opsporingstelsel namens die Midvaal-munisipaliteit.

Die SOE is versoek om die betalingswyse te ondersoek om vas te stel of die proses regverdig, mededingend, deursigtig, billik en koste-effektief was.

Daar moet ook vasgestel word of die tenderproses strydig was met die toepaslike wetgewing, handleiding, riglyne, omsendbriewe en instruksies wat deur die betrokke provinsiale tesourie uitgevaardig is en die beleid wat van toepassing op die munisipaliteit is.

Ook of die munisipaliteit enige onregmatige, onreëlmatige of vrugtelose en verkwiste uitgawes aangegaan het.

Die VF Plus het reeds in die verlede by verskeie geleenthede die Gautengse tesourie versoek om alle kontrakte wat deur die Midvaal-munisipaliteit aangegaan is, te ondersoek.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.