fbpx
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje: VF Plus verhoed onreg aan gemeenskap

Die VF Plus en ander opposisiepartye het vandag uit ‘n raadsitting van die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit gestap nadat die ANC die De Beers-stadion onregmatig aan ‘n farmaseutiese maatskappy wou verhuur.

Dié optrede het daartoe gelei dat die ANC nie ‘n kworum kon vorm om die besluit deur die raad te druk nie.

Die VF Plus is gekant teen hierdie besluit omdat die korrekte prosedures nie gevolg is nie.

Daar bestaan ook verwarring of die hele stadion of slegs 'n gedeelte daarvan verhuur gaan word.

Hierdie stadion, wat oor die enigste tartan-atletiekbaan in Sol Plaatje beskik, is ook die enigste sportgronde wat aan die gemeenskap en skole teen 'n minimale huur beskikbaar is.

Baie van die skole wat van die stadion gebruik maak, beskik nie oor die finansies om ten duurste die fasiliteit te huur nie.

Die VF Plus het ook ‘n klag teen die ANC-raadslid, Eucia Matika, by die speaker, Nomazizi Maputle ingedien na sy tydens die vergadering in haar moedertaal gesê het dat daar “na die teenkanting van die boere geluister moet word, want hulle kry altyd wat hulle wil hê.”

Die VF Plus sal nie toelaat dat die ANC onbesonne besluite deurvoer wat tot nadeel van die gemeenskap is nie.

Sol Plaatje verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.