fbpx
Vryheidsfront Plus

Sol Plaatje se Eskom-krisis: Staat kan dit oplos deur rekeninge te betaal

Dit is hoofsaaklik weens uitstaande staatskuld dat die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley en omgewing) in die Noord-Kaap in ‘n geldelike verknorsing verkeer en nie sy rekening aan Eskom kan betaal nie. Verskeie staatsdepartemente is groot bedrae geld aan die munisipaliteit verskuldig.

Dié uitstaande skuld aan Sol Plaatje beloop tans sowat R2,2 miljard. Daarvan is 90% langer as 90 dae uitstaande. Skuld van ouer as 90 dae beloop R876 miljoen van die staat, R348 miljoen van kommersiële kliënte en huishoudings sowat R1 miljard.

Op sy beurt is die munisipaliteit sowat R130 miljoen aan Eskom verskuldig en R60 miljoen aan die departement van water en sanitasie. Slegs uit staatskuld kan die rekeninge bykans vier maal betaal word en uit die kommersiële sektor se skuld twee maal. Huishoudings se skuld kan ook nie oorgesien word nie.

Die ironie van alles is dat dit die gereelde betalers is wat die ergste deur die situasie benadeel word. Hulle is verantwoordelik vir sowat R2 miljard wat die munisipaliteit wel jaarliks insamel.

Die tyd het aangebreek dat vasgestel word waar hierdie gereelde betalers woon en of hulle die dienslewering en onderhoud aan hul omgewing ontvang wat hulle beloon vir hul getroue betaling.

Indien die belange van betalers en nie-betalers nie gebalanseer word nie, sal Kimberley as stad en Sol Plaatje as munisipaliteit, net verder agteruitgaan.

Navrae: 083 454 9410

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.