fbpx
Vryheidsfront Plus

Sluimerende waterkrisis groot bron van kommer in Matjhabeng

Die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) se sluimerende waterkrisis hou moontlike grootskaalse gesondheidsrisiko’s vir inwoners in. Terwyl die res van Suid-Afrika voorsorg teen die koronavirus tref deur gereeld hande te was, het inwoners van dié munisipaliteit nie lopende water in hul krane beskikbaar nie.

Luidens die vorige finansiële jaar se Ouditeur-Generaal (OG)-verslag, het dié munisipaliteit meer as R150 miljoen se water verloor weens lekkasies, terwyl slegs 20% van die toelaag vir water-infrastruktuur bestee is.

Die buitengewoon groot hoeveelheid skoon water wat in strate loop, is ‘n duidelike bewys dat herstelwerk aan waterinfrastruktuur nie gedoen word nie.

Sekere dele van die munisipaliteit ervaar al vir sowat drie weke waterdruk só laag dat die krane feitlik leeg is. Inwoners van die munisipaliteit het die afgelope dae nie water gehad nadat herstelwerk deur Sedibeng-water gedoen is nie.

By navraag aan die munisipaliteit is die rede hiervoor dat waterkleppe nie ná herstelwerk deur die betrokke amptenare oopgedraai is nie.

Die VF Plus het in ‘n brief aan die munisipale bestuurder gevra dat daar dringend aandag gegee moet word aan die toenemende waterprobleem.

Aangesien die munisipaliteit nou 'n tydperk van begrotingsbeplanning betree, versoek die VF Plus amptelik dat die munisipaliteit fokus op die instandhouding van waterinfrastruktuur met bykomende befondsing sowel as bekwame mensehulpbronne om dringende instandhoudingswerk te prioritiseer.

As gevolg van swak ANC-beplanning, bestuur van fondse en stremmende beleid, het die munisipaliteit nie die nodige voertuie, materiaal, fondse en kundige amptenare om die krisis te bekamp nie. Inwoners verdien bekwame bestuur en verantwoordelike aanwending van fondse. Die ANC wys keer op keer dat die party nie in staat is om hierdie rolle te vervul nie.

Laksheid en onverantwoordelike optrede van die topbestuur en amptenare, soos in elke munisipaliteit gesien, is die wortel van die algehele agteruitgang van die Vrystaat.

Kontaknommer: 082 886 9945

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.