fbpx
Vryheidsfront Plus

Slim vang sy baas toe twee gearresteer word wat hul as Madibeng-werkers voordoen

Slim het sy baas gevang toe twee mans Vrydag gearresteer is na die vinnige optrede van Elsa Lourens, VF Plus-raadslid in die Madibeng-plaaslike munisipaliteit (Brits, Mooinooi, Hartbeespoortdam), asook die polisie en waarnemende direkteur van tegniese en infrastruktuur-aangeleenthede by die munisipaliteit.

‘n Inwoner van Brits het Lourens gekontak nadat ‘n man hom genader het en hom ingelig het dat die munisipaliteit sy kragtoevoer gaan afsny en hom met R35 000 gaan beboet indien hy nie dadelik ‘agterstallige’ skuld van R7000 kontant betaal nie.

Lourens het die voorval by die plaaslike polisiekantoor aangemeld en in oorleg met die waarnemende direkteur van tegniese en infrastruktuur-aangeleenthede, mnr. Molewa Mahache, is ‘n lokval vir die twee verdagtes gestel.

Hulle is op heterdaad betrap en deur die polisie in hegtenis geneem nadat die R7000 in die lokval oorhandig is.

Lourens versoek dat inwoners wat moontlik op soortgelyke wyse deur die mans genader is, dadelik met die polisie in verbinding tree.

Kontaknommer: 064 878 1097

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.