fbpx
Vryheidsfront Plus

Slegs twee uit sewe mobiele biblioteke in Mogale City is oop vir publiek

Die VF Plus het ‘n dringende verslag van die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) aangevra rondom die sewe mobiele biblioteke waarvan tans net twee oop is vir die publiek.

Die biblioteke is in die vorige munisipale bedeling onder die ANC-regering opgerig.

Slegs die biblioteke in Munsieville uitbreiding 4 en Smoketown in Tarlton is tans oop vir die publiek.

Die ander biblioteke in Ethembalethu Eco Village en Joe Slovo in Muldersdrift, Kagiso uitbreiding 1 in Kromdraai en Rietvallei uitbreiding 3 is almal toe.

Al die biblioteke, wat verskuif kan word indien nodig, is op plaveisel of sementblokke opgerig.

Drie van die biblioteke is opgerig in ‘n gebied waar gronddispute tans heers en drie het geen boeke nie.

Vyf van die biblioteke het ook geen water en elektrisiteit nie.

Die munisipaliteit dok boonop op vir sekuriteitswagte om die vervalle en verlate geboue te bewaak.

Die VF Plus het tydens ‘n vergadering van die munisipaliteit se kuns, kultuur en ontspanningskomitee, gesê dit is onaanvaarbaar dat die kontrakteurs wat die kontrakte gekry het om die biblioteke op te rig, dit onvoltooid agtergelaat het.

Nuwe kontrakteurs moet nou aangestel word om die brouwerk te voltooi waarvoor die vorige kontrakteurs reeds betaal is.

Die party bevraagteken ook die bedrag van R2,2 miljoen wat uit die 2021-22-finansiële jaar bestee is aan die verlenging van die biblioteek in Kagiso uitbreiding 1 se omheining, die oprigting van ‘n motorafdak en die lê van plaveisel.

Biblioteke as inligtingshulpbronne is veral belangrik vir mense in landelike gebiede en hierdie nalatenskap van die ANC-regering is onverskoonbaar.

Hierdie is weereens ‘n bewys dat die ANC in sy regeringstermyne net daarin belanggestel het om kaders en vriende se sakke te vul ten koste van gemeenskappe wat toegang tot leer- en ontspanningsleesstof die nodigste het.

Die VF Plus, as koalisievennoot in die munisipaliteit, sal alles in sy vermoë doen om die ANC se brouwerk reg te stel tot voordeel van al Mogale City se inwoners.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.