fbpx
Vryheidsfront Plus

Skakel straatligte in Kempton Park oor na sonkrag

Die VF Plus gaan in 2023 ‘n voorstel by die Ekurhuleni-metroraad indien dat ‘n uitvoerbaarheidstudie gedoen word om alle straatligte in Kempton Park oor te skakel na sonkrag.

Lamppale in strate word daagliks oopgebreek en die koperkabels gesteel waarna dit vir skroot verkoop word.

Die munisipaliteit bestee miljoene rand jaarliks om kabels te vervang, met geen onmiddellike oplossing teen dié soort diefstal nie.

Die VF Plus gaan voorstel dat die installering van sonpanele in Kempton Park begin en dan na die res van die metro uitgebrei word.

Indien alle straatligte in Ekurhuleni-metro van sonpanele voorsien is en ‘n oorskot energie genereer, kan huishoudings hieruit baat vind.

Beurtkrag sal dan in die strate van Kempton Park uitgeskakel word en terselfdertyd ‘n reuse kragbesparing teweeg bring.

Die VF Plus, as vennoot in die Ekurhuleni-metroraad, sal alles in sy vermoë doen om die Ekurhuleni-metro suksesvol te bestuur tot voordeel van alle inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.