Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Sinkgate in Ekurhuleni vermeerder weens onder meer min of geen infrastruktuuronderhoud van vorige ANC-regering

Die VF Plus in die Ekurhuleni-metroraad is bekommerd oor die toenemende vorming van sinkgate in die gebied wat deels veroorsaak word weens die vorige ANC-regering se gebrekkige onderhoud van die water- en riool-infrastruktuur.

Altesame 52% van Ekurhuleni is op dolomietiese grond geleë en dit, tesame met die swak ondergrondse water- en rioolinfrastruktuur, vererger die vorming van sinkgate.

Die ANC-beheerde metroraad het geen aandag geskenk aan die rehabilitering van sinkgate nie en ‘n waglys van tien tot vyftien jaar hiervoor het sodoende ontstaan.

In Katlehong en Skhosana het die situasie só versleg dat van die inwoners noodgedwonge hul huise moes ontruim nadat sinkgate onder hul huise gevorm het. Die metroraad is nou verantwoordelik vir die sloping en herbou van die beskadigde Hop-huise.

Die koalisieregering van die metroraad, waarvan die VF Plus deel is, het R72 miljoen nodig om die 60 sinkgate wat in die hele Ekurhuleni voorkom te rehabiliteer.

Die VF Plus is besorg oor die welstand van die inwoners van Ekurhuleni en daarom is die rehabilitering van sinkgate ‘n prioriteit en sal in die volgende begroting aangespreek word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Corrie Pypers

Nuwe winkelsentrum in Meyerton oorstroom

Indien die Midvaal-plaaslike munisipaliteit (De Deur/Walkerville, Eikenhof, Meyerton, Vaal Marina) sy stormwaterpype en -slote voor en tydens die reënseisoen onderhou het, sou die skade aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.