fbpx
Vryheidsfront Plus

Sinkgat in Westonaria bedreig menselewens

Die sinkgat in Van der Bijlstraat, Westonaria wat in Januarie vanjaar ontstaan het, word by die dag groter en hou ‘n gevaar in vir menselewens en eiendom in die omgewing. Dit ontwrig ook die ekonomiese aktiwiteite van besighede wat van die straat as toegangsroete afhanklik is.

Die sinkgat is op 15 Januarie 2019 deur die Rand West-distriksmunisipaliteit afgesper, maar geen alternatiewe roete is vir motoriste aangewys nie.

Motoriste ry nou om die sinkgat deur die veld terwyl dit besig is om ‘n al hoe groter deel van die teerpad in te sluk.

Die VF Plus het al telkemale die probleem onder die aandag van die munisipaliteit en selfs die burgemeesterskomiteelid vir paaie en gemeenskapsveiligheid, Jeje Legoete, gebring.

Legoete het onderneem om deskundiges in te bring om ondersoek in te stel en aanbevelings te maak oor hoe om die sinkgat op te vul. Daar was egter tot op hede geen deskundige op die toneel nie.

Hierdie is net nog ‘n voorbeeld van hoe die ANC-beheerde Rand West-distriksmunisipaliteit getroue belastingbetalers faal.

Die VF Plus gaan die saak nie daar laat nie en die party se lid in die Gautengse wetgewer, adv. Anton Alberts, gaan dit ook dringend onder die aandag van die LUR vir paaie en vervoer, Jacob Mamabolo, bring.

Kontaknommer: 082 565 2336

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.