Daar is ‘n groeiende probleem in die omgewing van Krugersdorp waar septiese tenkwaens rou riool in stromwaterdreine laat inloop.
Die VF Plus het onlangs weer gesien hoe ‘n septiese tenkwa op die skouer van die R28 naby Krugersdorp geparkeer gestaan het met afvoerpype wat reeds aan die voertuig se dreineringstelsel gekoppel was.
Dit is bekend dat dit 'n gereelde gebruik van septiese tenkondernemings in die gebied is om afval in waterstrome, stormwaternetwerke (soos dié op die R28) en afgeleë landelike gebiede te stort om stortingstariewe te vermy.
Tenkwaens so ver as Pretoria, Johannesburg, Florida en Roodepoort is al in Tarlton en Muldersdrift afgeneem waar hulle riool stort.
Daar is nie behoorlike oorsig deur die plaaslike munisipaliteit en sy wetstoepassingsafdelings hieroor nie en gevolglik ook geen nagevolge vir die oortreders nie.
Hierdie ondernemings toon geen ontsag vir plaaslike wetgewing sowel as die welstand van plaaslike inwoners nie aangesien rou riool 'n ernstige gesondheidsrisiko vir die gemeenskap inhou.
Die Mogale City-stadsraad sal dringend behoorlike bestuur op die dorp moet begin toepas. Te veel lewensnoodsaaklike kwessies word agterweë gelaat tot nadeel van die inwoners en belastingbetalers.
Die Vryheidsfront Plus waarsku jare reeds dat die dorp gaan verval vanweë die stadsraad se onvermoë om diens te lewer.
Kontakbesonderhede : 071 604 9498