fbpx
Vryheidsfront Plus

SAKP moet name van skuldiges bekend maak

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in Gauteng moet die name van die sogenaamde vyf skuldiges bekend maak wat volgens die SAKP verantwoordelik was vir die onluste in Pretoria.

Die SAKP se voorsitter in Gauteng en tans LUR vir infrastruktuur ontwikkeling, Jacob Mamabolo, het die afgelope Sondag bekend gemaak dat vyf SAKP-lede geskors is rondom die onluste in Pretoria. Mamabolo het tydens ‘n mediakonferensie genoem dat die sogenaamde vyf reeds in kennis gestel is van hul skorsing.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr. Philip van Staden, het in reaksie hierop gesê dat Mamabolo se aankondiging die wenkbroue laat lig. Die VF Plus is van mening dat die SAKP die ANC beskerm nadat die VF Plus klagtes teen die ANC-leierskap in Gauteng en Pretoria by die SAPD ingehandig het.

“Indien die SAKP nie die sogenaamde vyf se name bekend maak nie, beskerm Mamabolo die ANC se leierskap in Gauteng en Pretoria om die kalklig van die ANC af te haal. Die SAKP is besig met ‘n ompad speletjie en die regte ding sal wees om die name bekend te maak en om die regte mense wat werklik vir die onluste verantwoordelik is, aan die pen te laat ry.”

Die VF Plus voel ook sterk dat die skorsing van die lede nie die skade aan eiendomme en lewensverlies gaan vergoed nie en dat skuldiges gearresteer, verhoor, skuldig bevind en in die tronk gestop moet word.

 

 

Tel: 084 015 4722

Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.