fbpx
Vryheidsfront Plus

SA Polisie en sekuriteitsmaatskappye vat hande in Mokopane

Die VF Plus gaan die nasionale polisie kommissaris in Limpopo versoek om weer reserviste aan te stel om so plaaslike polisiestasies te help in hul stryd teen misdaad, het Marcelle Maritz, die VF Plus se hooforganiseerder in Limpopo en wykskandidaat in Mokopane, na 'n vergadering Dinsdagoggend tussen die polisie, buurtwagte en sekuriteitsmaatskappy gesê.

Maritz is baie bekommerd oor die misdaadsyfer wat opwaarts neig en met die komende feesseisoen, is die verwagting dat die syfers verder kan styg.

Die vergadering in die polisiestasie is bygewoon deur die waarnemende stasiekommissaris, luit-kol. Alex Malebane, lede van Suricat-sekuriteit, Percy five-gemeenskapvereniging, Arend-bergwag, Spoorsnyers, SOS-sekuriteit, Rooikatte-buurtwag, boere en kleinhoewe-eienaars.

“Buurtwag- en sekuriteitslede is bekommerd oor die polisie wat sukkel om misdaad in toom te hou. Dit is daarom dat die polisie en sekuriteitsmaatskappye hande moet vat om die gemeenskap veilig te hou.”

Sy het ook ‘n beroep op belangegroepe gedoen om die volgende polisieforum-vergadering op 11 Desember om 10:00 by die Protea Park Hotel by te woon.

“Saam kan ons ‘n verskil maak, maar ons het die hele gemeenskap se samewerking nodig om misdaad te bekamp.”

Mense wat dringend polisiehulp nodig het en nie geholpe raak met die landlynnommer nie, kan gerus 10111 skakel of die polisiebystandnommer 081 505 9340.

 

Marcelle Maritz

078 617 8682

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.