fbpx
Vryheidsfront Plus

Rooi ligte flikker na skielike bedanking van Johannesburgse stadsbestuurder

Die onverwagse bedanking van Johannesburg se stadsbestuurder, dr. Ndivhoniswani Lukhwareni, kort voor die plaaslike regeringsverkiesing, laat die rooi ligte flikker.

Dr. Lukhwareni is aangestel in die tydperk toe ‘n koalisieregering Johannesburg bestuur het nadat die vorige stadsbestuurder, Trevor Fowler, weens ongerymdhede afgedank is. Die VF Plus was deel van die koalisie.

Die VF Plus is besorg oor die geheimsinnigheid rondom die bedanking van dr. Lukhwareni. Bewerings van Lukhwareni se weiering om sekere finansiële verslae af te teken en druk vanaf die burgemeester, Geoff Makhuba, plaas die metroraad onder verdenking.

Die party glo in ‘n demokratiese, deursigtige stadsraad en daarom is dit noodsaaklik dat ‘n stadsbestuurder binne die voorgeskrewe strukture onpartydig en nie-polities tot voordeel van alle inwoners moet optree.

Indien die stadsbestuurder weier om finansiële verslae af te teken neem die VF Plus aan dat daar onreëlmatighede kan wees wat ‘n ondersoek sou vereis.

Dit kan die Johannesburgse metroraad in ‘n moeilike situasie plaas wanneer die ouditeur-generaal sy verslag en oorsig oor die metroraad moet voorlê.

Die VF Plus sal die situasie volg tot daar meer duidelikheid oor die aangeleentheid is.

Navrae: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.