Die Emfuleni-munisipaliteit is besig om ekonomiese selfmoord te pleeg deur hul onvermoë om gebarste pype en die grootmaat-rioolpypleiding te herstel waar rioolvuil oor ‘n groot gedeelte van die industriële gebied uitloop.
Dié probleem is al so gevorder dat die beplande Vaal-skou wat oor ‘n paar maande sou plaasvind, afgestel is. Die Senwes-koöperasie langs die skouterrein is oorstroom en die slagpale dreig met regstappe.
Die Emfuleni-stadsraad is verplig om die probleem op te los en te sorg dat rioolpypleidings herstel word. Hierdie probleem kan omskakel in ‘n gesondheidsgevaar wat baie mense kan raak.
Die VF Plus eis dat die burgemeester ingryp en binne dae die probleem onder beheer bring, en sal ook so ‘n versoek tot hom rig. Indien die stadsraad voorgaan en dié maandelange probleem ignoreer, kan dit die dorp duur te staan kom.
Kontaknommer:083 263 9590