fbpx
Vryheidsfront Plus

Residentia-tehuis vir bejaardes in Pretoria ses dae sonder water

Die Tshwane-metroraad se versuim om water te voorsien aan die Residentia-tehuis vir bejaardes in Sunnyside, Pretoria nadat ‘n waterpyp ses dae gelede in die omgewing gebars het, is onaanvaarbaar en mag nie langer geduld word nie.

Die situasie is ‘n growwe skending van die menseregte van die 98 bejaarde inwoners, van wie baie verswak is.

Die gebrek aan water hou ‘n ernstige gesondheidsgevaar in vir die inwoners.

‘n Waterpyp het op 3 Oktober gebars en die hele gebied sonder water gelaat. Die VF Plus het dadelik die tehuis besoek en die metroraad versoek om in te gryp.

Die VF Plus het herhaaldelik die hoof van metrostreek 3, John Mokwena, gevra om ‘n watertrok na die Residentia-tehuis te stuur omdat baie bejaardes nie in staat is om self water te gaan koop nie.

Die reënwatertenk op die perseel waar inwoners water kon gaan haal vir was- en toiletdoeleindes, is ook nou leeg.

Die Tshwane-metroraad het verlede jaar gedurende die vloede dadelik private watervoorsieningsmaatskappye aangestel om watertrokke na gebiede soos die Refilwe-informele nedersetting in Cullinan te stuur om inwoners te help. Daar is dus geen verskoning vir die metro se versuim en nalatigheid om nie nou dieselfde reëlings te tref vir die bejaardes van die Residentia-tehuis nie.

Hierdie is nog ‘n bewys van hoe dienslewering in die Tshwane-metro verswak het onder die administrateurs wat deur die Gautengse regering aangestel is.

Die VF Plus sal voortgesette druk op die Tshwane-metroraad plaas om die gebarste waterpype spoedig te herstel en intussen ‘n watertrok as ‘n tussentydse maatreël na die tehuis te stuur.

Navrae: 083 448 9473

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.