Dit blyk dat regstellende aksie gaan volstoom voortgaan in die staatsdiens, al is transformasie-teikens reeds bereik en selfs verreweg oorskry soos by binnelandse sake waar 92% van die werkmag reeds swart is, blyk dit uit ‘n antwoord van die minister van staatsdiens en administrasie oor die aangeleentheid.
Die minister wou nie vrae hieroor antwoord nie, en het aangedui dat die minister van arbeid hieroor aangespreek moet word.
Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor staatsdiens en administrasie, sê dit is ‘n lafhartige reaksie van die minister wat tog ‘n mening moet hê oor die samestelling van personeel in die staatsdiens.
Hy sê dit lyk of die ANC ongemaklik is oor die parlementêre vraag noudat transformasie sy logiese einde in die staatsdiens moet bereik.
Hy sê dit beklemtoon weereens die toenemende tendens van ANC-ministers wat nie wil erken dat transformasie iewers moet eindig nie, en versterk die indruk dat dié toedrag van sake dit baie duidelik maak dat dit vir die ANC-regering hoegenaamd nie gaan oor ‘n regverdige bestel waar voorsiening vir almal gemaak word nie, maar oor die totale uitwissing van minderhede uit die staatsdiens en selfs die private sektor.
In geskrewe vrae aan die minister van staatsdiens en administrasie is aan hom gestel dat sy eie parlementêre antwoorde van twee maande gelede aan die VF Plus bewys lewer dat die grondwetlike rasse-teikens reeds bereik en selfs oorskry is, en of die minister in die lig hiervan steeds voortgaan met regstellende aksie.
Die VF Plus het in die vraag ook verwys na ‘n opsienbare erkenning van die Staatsdienskommissie dat RA, kaderontplooiing en transformasie van die hoofoorsake vir swak dienslewering in die staatsdiens is.
“Gesien teen die agtergrond van bepalings in die Grondwet dat demografie ‘breedweg’ in die openbare arbeidsektor weerspieël moet word, en in die lig van die Staatsdienskommissie se uitlatings, is aan die minister gevra of daar nou weggedoen gaan word met RA.
“Die kortaf antwoord dat die betrokke wet wat RA rig onder die minister van arbeid ressorteer, spel dit duidelik uit dat dit hier nie gaan oor ‘n billike ingesteldheid teenoor minderhede nie. Daar sal klaarblyklik eers ‘n verandering aan die wet moet kom voordat RA hersien sal word.
“Dit is ook ‘n erkenning dat die ministers nie hulle eie internasionale verpligtinge ken nie. Die Internasionale Verdrag op die Uitwissing van Alle Vorme van Rassediskriminasie stel dit duidelik in artikel 4(1) dat regstellende stappe moet staak sodra gestelde doelwitte bereik
is. Suid-Afrika het die Verdrag op 10 Desember 1998 geratifiseer en is dus daaraan gebonde. Dit beteken dat die ANC-in-regering regtens gebonde is om nou regstellende aksie in die staatsdiens te staak.
“Daarom sal die VF Plus die minister van arbeid oor die aangeleentheid pols en indien die ANC nie gehoor gee aan hulle grondwetlike en internasionale verpligtinge nie, sal die party verdere stappe neem wat internasionale aksie sal insluit,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403
Vrae en antwoorde:
Adv A de W Alberts (FF Plus) to ask the Minister of Public Service and Administration:
(1) Whether, with reference to his reply to question 948 on 20 October 2014, from which it is clear that the Public Service broadly reflects the country’s demographics, as required by (a) the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 and (b) the recommendations made by the Public Service Commission in respect of affirmative action in the Public Service, he will abolish affirmative action in the Public Service; if not, why not; if so, (i) when this will take place and (ii) what the further relevant details are;
(2) whether he plans to accept and implement the findings and recommendations of the Public Service Commission; if not, why not; if so, what are the relevant detail?
REPLY
(1) The Custodian of the Employment Equity Act that provides for Affirmative Action (AA) specifically Chapter 3 Section 15 of the Act, is the Minister Labour. Review of this policy does not fall under the purview of the Minister of Public Service and Administration, but the Minister of Labour.
(2) Falls away.