fbpx
Vryheidsfront Plus

Regeringsdepartemente skuld Polokwane astronomiese bedrae

Dit is skokkend om te sien hoeveel geld regeringsdepartemente aan die Polokwane-plaaslike munisipaliteit (Pietersburg) skuld.

Dit is buiten die feit dat ondernemings en inwoners ook groot bedrae ten opsigte van agterstallige diensterekeninge aan die munisipaliteit verskuldig is.

Teen die einde van Januarie 2023 het regeringsdepartemente se skuld sowat R271 miljoen beloop.

Die provinsiale departement vir landelike ontwikkeling en grondhervorming is een van die groot sondaars met ‘n agterstallige rekening van sowat R161 miljoen.

Van die ander departemente wat groot bedrae skuld is:

• Gesondheid – R5,790 miljoen
• Ekonomiese ontwikkelingsagentskap – R14,695 miljoen
• Openbare werke, paaie en infrastruktuur – R75,122 miljoen

Dit is algemeen bekend dat Polokwane sukkel om kop bo water te hou en dit is onaanvaarbaar dat regeringsdepartemente nie hul kant bring en hul rekeninge getrou vereffen nie.

Dit dra net by tot die verdere agteruitgang van die munisipaliteit.

Daar is klaarblyklik stappe wat geneem gaan word om die skuldige departemente se dienste te beëindig, maar of die ANC-beheerde munisipaliteit oor die nodige politieke wil beskik om dit te doen, is te bevraagteken.

Daar moes in die eerste plek nie toegelaat gewees het dat die departemente se munisipale skuld groei tot hierdie astronomiese bedrae nie.

Polokwane verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.