fbpx
Vryheidsfront Plus

Regering speel soos met die Lady R nie oop kaarte oor Russiese vliegtuig op Waterkloof

Die ANC speel nie oop kaarte met Suid-Afrika oor die vragvliegtuig van ’n private Russiese maatskappy Aviacon Zitotrans wat op 24 April vanjaar op die Waterkloof-lugmagbasis geland het nie.

In antwoord op geskrewe vrae van die VF Plus oor die aangeleentheid, sê die minister van verdediging, Thandi Modise, dat vlugte van ander lande wat in die laaste vyf boekjare op Waterkloof geland het, “regering tot regering” was. (Vrae en antwoorde hierby aangeheg).

Dit blyk ook uit die antwoord dat geen Russiese vliegtuig in die laaste vyf boekjare tot en met 28 Maart vanjaar op Waterkloof geland het nie.

Die eerste Russiese vliegtuig was dié vliegtuig van die kommersiële lugvaartmaatskappy Aviacon Zitotrans op 24 April vanjaar.

Dié maatskappy is luidens mediaberigte onderhewig aan sanksies van Amerika en Brittanje omdat dit wapentuig vir die Russiese weermag vervoer het.

Die VF Plus het antwoorde oor die landing van die regering geëis, soos waarom Waterkloof gebruik is en nie ’n gewone lughawe nie. Minister Modise het hieroor gesê die vliegtuig het diplomatieke pos afgelewer en het daarom toestemming gehad om te land.

’n Woordvoerder van die SANW, brig.genl. Andries Mahapa, het beaam dat “diplomatieke status” aan die vliegtuig verleen is dat dit daarom kon land.

Ek sal opvolgvrae hieroor aan die minister vra. Soos hoe dit moontlik is dat ’n private maatskappy wat aan internasionale sanksies onderhewig is, diplomatieke status in Suid-Afrika kon kry.

Hierdie aangeleentheid moet saam met die geheimhouding rondom die Russiese vragskip Lady R gesien word. Amerika het Suid-Afrika openlik daarvan beskuldig dat wapens op die skip gelaai is toe dit Simonstad op 8 Desember verlede jaar aangedoen het.

Net soos met Aviacon Zitotrans is enige ongerymdhede ontken.

Wat die Lady R aanbetref, is oudregter Phineas Mojapelo en sy paneel se ondersoek na die voorval voltooi en hulle het twee weke om ’n verslag hieroor saam te stel.

Die VF Plus sal daarop aandring dat die verslag bekend gemaak word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.