fbpx
Vryheidsfront Plus

Randwater moet oop kaarte speel oor watertoevoer aan Johannesburg

Die VF Plus bevraagteken Randwater se rede vir die gedwonge vermindering van watertoevoer na reservoirs in Johannesburg wat die instelling van waterbeperkings in sekere gebiede tot gevolg het.

Randwater het Joburg Water gister versoek om waterbeperkings in te stel omdat die waterverspreidingsnetwerk onder druk verkeer weens die groot verbruikersaanvraag.

Die watertoevoer na sekere reservoirs wat die sentraal-oos en noordelike voorstede van Johannesburg bedien, is met tussen 20% en 45% verminder wat streng waterbeperkings tot gevolg het.

Die onlangse volgehoue reënval oor groot dele van Gauteng het damvlakke tot 103% laat styg en gevolglik het huiseienaars minder munisipale water gebruik om hul tuine in stand te hou.

Die vraag ontstaan oor wat die werklike rede vir die verminderde watertoevoer vanaf Randwater is en die VF Plus kan nie anders as om dit toe te skryf aan onderhoud- en ou infrastruktuurprobleme nie.

Die VF Plus gaan Randwater vra om eerlik met die Johannesburgse metroraad te wees en die werklike rede te verskaf, want indien hy infrastruktuurprobleme ondervind, gaan die stad van Johannesburg weer aan waterbeperkings blootgestel word.

Navrae: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.