Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Randfontein-polisiekantoor het geen kluis om wapens te berg nie

Die VF Plus het die Gautengse polisiekommissaris, Elias Mawela, versoek om dringend ‘n behoorlike kluis aan die Randfontein-polisiekantoor te voorsien om die meer as 800 vuurwapens op die perseel veilig te bewaar.

Tans word die wapens in ‘n kantoor met ‘n sekuriteitshek geberg.

Die wapens wissel van handwapens, outomatiese gewere, jaggewere en selfgemaakte gewere wat by die polisiekantoor ingehandig is.

Daar is ook geen brandblusser in die kantoor in die geval van ‘n brand nie.

Die onreëlmatighede is tydens ‘n oorsigbesoek van die gemeenskapveiligheidskomitee van die Gautengse wetgewer ontbloot.

Om wapens in ‘n kantoor te berg, is uiters onverskillig en verhoog die risiko van wapendiefstal.

Die polisiekommissaris moet dadelik optree om die wapens te skuif of ‘n behoorlike kluis aan die polisiekantoor te voorsien.

Indien van die wapens wat in ‘n misdaad gebruik is wegraak, kan dit die uitkoms van ‘n hofsaak ernstig benadeel.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.