fbpx
Vryheidsfront Plus

Ramaphosa gee wit jeug nie erkenning vir harde werk nie, en onteiening sonder vergoeding sal bloot foute van die verlede herhaal

President Cyril Ramaphosa se verwysing na bevoorregting van die wit jeug en Regstellende Aksie (RA) en Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB), wys dat hy nie die argument van gelyke regte vir almal in Suid-Afrika verstaan nie.

Ramaphosa se gebruik van werkloosheid-statistiek wat daarop dui dat 20% van die swart jeug werkloos is teenoor slegs 7% wit jeug, en sy aanname dat die wit jeug daarom steeds bevoorreg is, beteken dat hy eers gelykheid sal aanvaar as albei groepe dieselfde werkloosheidskoers het.

Jong wit mense word intussen daarvan weerhou om volgens hul vermoë te presteer en om ‘n groter bydrae te lewer tot die ontwikkeling van Suid-Afrika. Meriete is dus nie die maatstaf nie, maar bloot statistiek ten opsigte van wit en swart.

Ramaphosa gee hierdeur ook nie erkenning aan jong wittes wat nieteenstaande die diskriminasie van RA en SEB steeds uitnemend presteer om van Suid-Afrika ‘n beter plek te maak nie. Die VF Plus aanvaar die uitnodiging van die president om hieroor met hom in gesprek te tree.

Oor die grondkwessie sal pres. Ramaphosa meer detail moet gee aangesien hy die indruk skep dat weens die pyn, verdeeldheid en onbillikheid van die verlede, onteiening sonder vergoeding moet plaasvind om ongeregtighede van die verlede reg te stel.

Hy het die geval genoem van ‘n persoon wat in Distrik Ses gewoon het, en alhoewel daar simpatie vir die persoon is, is die vraag of dieselfde nou aan iemand anders gedoen moet word deur sy eiendom sonder vergoeding af te neem en dit vir die betrokke persoon te gee.

Die VF Plus se mening is dat daar eerder uit die foute van die verlede geleer moet word, en nie om die foute van die verlede te herhaal nie. Onteiening sonder vergoeding sal bloot die foute van die verlede herhaal.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.