fbpx
Vryheidsfront Plus

Prinshofskool vir gesiggestremde leerders se ingang skuif na veiliger gebied

Met die hulp van VF Plus is goedkeuring verleen dat die ingang van die Prinshofskool vir gesiggestremde leerders in sentraal Pretoria na ‘n veiliger gebied geskuif word.

Die ingang wat die skool gebruik sedert sy stigting in 1963 is in Lewisstraat, maar deur die jare het dit onveilig vir leerders geraak om van die ingang gebruik te maak.

Leerders is al selfs voor die ingang aangerand en beroof.

Die ingang is ook ‘n broeiplek vir misdadige aktiwiteite met ‘n onwettige staanplek vir minibustaxi’s nie ver daarvandaan nie.

Die verskuiwing van die ingang vanaf Lewisstraat na Soutpansbergweg is gedurende die jongste raadsvergadering van die Tshwane-metroraad goedgekeur.

Die Prinshofskool vir gesiggestremdes is ‘n unieke onderwysinstelling en die voortbestaan en veiligheid van die skool se leerders, onderwyser en personeellede is uiters belangrik.

Prinshofskool huisves leerders van regoor die land en selfs die buiteland.

Die VF Plus, as deel van die koalisieregering van die Tshwane-metroraad, stel die inwoners van die metro se belange en veiligheid eerste.

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Jee-Dee Cloete

VF Plus steun nie Bela Bela-begroting

Die VF Plus het nie die Bela Bela-plaaslike munisipaliteit (Warmbad) se begroting van R594 miljoen vir die 2024/25-finansiële gesteun nie. Alhoewel daar geringe verbeterings is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.