fbpx
Vryheidsfront Plus

Polokwane: Onwettige bedrywighede op Elmadal onder vergrootglas danksy VF Plus

Danksy die ingryping van die VF Plus is onwettige bedrywighede op twee kleinhoewes in Elmadal in Polokwane (Pietersburg) nou onder die vergrootglas.

Vir bykans ’n jaar het die ontwikkeling van ’n steenmakery op die een kleinhoewe in die omgewing inwoners rooi onder die kraag. Die tweede kleinhoewe word gebruik as stoorplek vir swaarvragmotors.

Dié kleinhoewes is net gesoneer vir landbou- en verblyfdoeleindes.

Nadat die inwoners van Elmadal geen samewerking kon kry van die wyksraadslid nie, het hulle die VF Plus genader om hulle by te staan.

Die Polokwane-plaaslike munisipaliteit het wel sedert Mei 2022 kennisgewings aan die eienaars van die kleinhoewes gestuur dat die grond nie vir sakedoeleindes gehersoneer is nie.

Daar is ook geen bewys gevind dat daar wel aansoek gedoen is om dit te hersoneer nie. Daar is dus aan geen munisipale vereistes voldoen nie.

Daar was tot op hede geen reaksie van die eienaars op hierdie kennisgewings nie.

Inwoners is bekommerd oor die impak wat die onderneming op die omgewing het, die geraas- en lugbesoedeling asook die swaar vragmotors wat skade aan die padoppervlak veroorsaak.

Dit is boonop ‘n waterskaars-gebied en 35 inwoners het saamgestaan om hul eie waterskema te begin deur boorgate op te rig en water te verskaf aan inwoners.

Die vrees bestaan nou dat dié ondernemings die skaars waterbronne gaan uitput.

Die VF Plus het reeds in gesprek getree met die bestuurders van die munisipaliteit se departemente vir stadsbeplanning, mnr. Edwin Shika en regsafdeling, Ruben Maleta.

Prokureurs wat aangestel is om die munisipaliteit by te staan, het die plaaslike balju opdrag gegee om 'n staak-en-weerhoudingsbrief te rig aan die eienaars van die onwettige ondernemings.

Daar is verder ooreengekom dat die departement vir beplanning en ontwikkeling 'n terreinbesoek later hierdie maand (Februarie) aan die kleinhoewes sal bring om vas te stel of daar gehoor gegee is aan die opdrag en of daar voort gegaan word met onwettige produksie en gebruik.

Die eienaars sal ook ingelig word oor die dreigende hofsaak indien hy nie gehoor gee nie.

Die VF Plus sal die situasie monitor en optree in die beste belang van inwoners.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.