Verkiesings is weens verskeie redes senutergende tye vir almal en veral vir politici wat weens al die reëls en regulasies mooi moet trap om nie die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se gedragskode te oortree nie.
Amanda de Lange, VF Plus-raadslid in Mogale City, het vandeesweek die OVK se gedragskode vir politieke partye namens die VF Plus in Gauteng onderteken met die oog op die komende nasionale verkiesing op 8 Mei.
Die bepalings en reëls van die gedragskode is op gelyke mate van toepassing op al 36 partye wat geregistreer is om in Gauteng aan die verkiesing deel te neem, ook op die partye wat hulle kenmerkend nie aan die bepalings en reëls van die OVK steur nie. Veertien ‘nuwe’ partye wat nie vantevore aan ‘n verkiesing deelgeneem het nie, is deel van die groep.
Sommige van die reëls en bepalings is as volg:
• Politieke partye mag op geen wyse vals, misleidende of lasterlike inligting van 'n ander party versprei nie.
• Geen politieke party word toegelaat om op stemdag stemme te werf nie – nie deur die uitreiking van pamflette, sms'e, telefoonoproepe of straataksies nie.
• Politieke partye / party-agente mag nie kiesers by hul voertuie by aankoms by die stemlokale gaan haal nie.
• Politieke partye / party-agente mag nie kiesers se toegang tot die stemlokaal vir enige rede versper of belemmer nie.
Baie belangrik is die feit dat kiesers slegs by die OVK geregistreer moet wees om te stem, en nie by ‘n politieke party nie. Sommige partye mislei kiesers hieroor.
‘n Kieser kan wel lid van 'n politieke party wees, maar kan alleenlik by die OVK as kieser geregistreer wees.
Dit is ook misleidend en onwaar om ‘n kieser laat glo dat 'n ander party te klein is en dat ‘n stem vir daardie klein party vermors sal word. Suid Afrika het 'n proporsionele kiesstelsel wat beteken dat elke stem tel, ongeag die grootte van die politieke party waarvoor daar gestem word.
Kiesers moet daarop let dat, hoe nader dit aan stemdag kom, hoe meer fel is die veldtogte van deelnemende partye. Die handskoene kom af, tande word gewys word en partye grom vir mekaar. Te midde van al hierdie chaos moet kiesers in gedagte hou die verkiesing is binnekort verby.
Die heel belangrikste is om te onthou dat die verkiesing nie oor die politieke partye gaan nie, maar oor die kiesers, hul beste belange en ‘n beter toekoms.
Om te stem is jou grondwetlike reg. Stem vir stabiliteit en konsekwentheid, stem vir 'n sterk koalisievennoot, stem Vryheidsfront Plus!
Kontaknommer: 071 604 9498