Die moratorium op die werwing van reserviste vir die Polisie is opgehef vanaf Januarie 2015. Die minister van polisie, Nathi Nhleko, het in antwoord op ‘n vraag van dr. Pieter Groenewald van die Vryheidsfront Plus in die parlement, geantwoord en gesê die Polisie werf nou weer reserviste. Tans is daar 18 026 reserviste in die Polisie. Vier provinsies, Wes-Kaap, Noordkaap, Mpumalanga en Oos-Kaap is geïdentifiseer as loodsprovinsies vir die eerste werwing. ‘n Verdere werwing sal later in die 2015/2016 finansiële jaar geloods word.
“Die vier kategorieë reserviste word nou verminder na net twee. Dit is nadelig vir landelike beveiliging omdat die een kategorie wat spesifiek daarvoor ingestel was nou wegval. Die fokus word nou verbreed en is nie meer spesifiek gefokus op landelike beveiliging nie. Dit is nie in ooreenstemming met die Nasionale Ontwikkelingsplan nie,” sê dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se hoofwoordvoerder oor polisie.
“Verder word streng vereistes gestel om ‘n reservis te word, maar die vraag is of dit in die praktyk toegepas gaan word. Een vereiste is dat jy geen kriminele rekord mag hê nie, maar tans is daar voltydse lede in die Polisie met kriminele rekords en daar word nie behoorlik teen hulle opgetree nie.
“Daar is ook ‘n kategorie van persone wat nie reserviste mag word nie. Joernaliste, lede van die private sekuriteitsbedryf, uitsmyters by klubs, ampsdraers van politieke partye, skoliere, lede van insleepdienste, betrokkenes by skrootwerwe, die taxi-bedryf ens. asook werklose persone sal nie kwalifiseer nie. Jy sal ook nie kwalifiseer as jy ‘n sigbare tatoeëermerk dra nie.
“Suid-Afrikaanse burgers tussen 25 en 40 jaar, wat ‘n matrieksertifikaat of iets soortgelyks het mag aansoek doen en jy moet medies, geestelik en fisies geskik en fiks wees. Vorige lede van die Polisie wie se aansoek vir heraanstelling verwerp is weens negatiewe oorwegings, kan ook nie aansoek doen nie.
“Al die vereistes skep die indruk dat persone met ‘n onberispelike karakter as reserviste gesoek word, maar die Polisie sukkel om van sy misdadigers wat voltyds in sy midde is, ontslae te raak, en dit is ‘n jammerte,” het Groenewald gesê.
Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403
ANTWOORD VAN MINISTER:
NATIONAL ASSEMBLY
FOR WRITTEN REPLY – QUESTION 482 – DATE OF PUBLICATION IN INTERNAL QUESTION PAPER: 6 MARCH 2015 – (INTERNAL QUESTION PAPER NO 5-2015)
(1) Whether, since his response to question 490 on 1 August 2013, any further moratorium has been placed on reservists signing on with the SA Police Service (SAPS); if not, what is the position in this regard; if so, what are the relevant details;
(2) what criteria have to be met by persons wishing to join the reservists of the SAPS;
(3) will reservists be compensated for their services; if so, what remuneration will be paid to the reservists;
(4) how many reservists are there in each category in the service of the SAPS;
(5) whether he will make a statement on the matter?
NW560E
REPLY:
(1) No, a further moratorium was not placed on reservists joining the South African Reserve Police Service. The South African Police Service has commenced with the implementation of the revised reservist system and the first recruitment drive was implemented in January 2015. The following four Provinces were prioritised as pilot provinces for the first recruitment drive:
In addition to the above certain categories of applicants may not be appointed as reservists. The following categories of persons may not be appointed as a reservist if he or she:-
The following persons may be appointed as reservists, but subject to the following conditions:
(3) The reservist system is a voluntary system and reservists perform duties without any remuneration in general. However, in terms of the South African Reserve Police Service Amendment Regulations: GNR 765 of 15 October 2013, the National Commissioner may, if he or she deems it necessary in order to achieve the objectives referred to in Section 205 (3) of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996 (Act No, 108 of 1996), call up reservists to perform specific duties for which they may be remunerated.
(4) The following number of active reservists per category is currently on the strength of the South African Police Service:
The South African Police Service is currently in process of aligning the former categories of reservists to the categories as determined in National Instruction 2/2014, where after the system will be updated accordingly.
(5) No