fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisie kortwiek wettige voornemende vuurwapen-eienaars met swak diens

‘n Nuusberig (Wapenlisensie hernu ‘soos Matriek skryf’, Netwerk24: 15 September 2021) dat lang rye mense daagliks by polisiekantore moet staan en wag om aansoek te doen vir ‘n nuwe vuurwapenlisensie of die hernuwing van ‘n lisensie, en waar slegs twintig aansoeke per dag hanteer word, is totaal onaanvaarbaar.

Dit is niks anders nie as ‘n metode om wetsgehoorsame burgers, wat hul vuurwapenlisensies betyds en binne die bepalings van die wet wil hernu, of aansoek wil doen om ‘n nuwe lisensie, te ondermyn en te kortwiek deur die vertraging van dienste by polisiekantore.

Ek ontvang daagliks landwyd klagtes van die publiek oor onder meer polisiekantore se aangewese vuurwapenlisensie-beamptes wat nie hul taak na behore uitvoer nie en in sommige gevalle nie eens voorafgemaakte afsprake nakom nie.

Dit skep die indruk dat daar ‘n landswye poging is om vuurwapeneienaars moedeloos te maak om hulle sodoende te ontmoedig om nuwe vuurwapenlisensies te bekom of ‘n bestaande lisensie te hernu.

Die aangeleentheid moet dringend opgelos word en ek sal ‘n skrywe rig aan die kommissaris van polisie, genl. Khehla Sitole, om die situasie onder sy aandag te bring.

Hy sal ‘n direktief moet uitvaardig wat bepaal dat persone na enige van die polisiekantore in hul omgewing kan gaan vir hul vuurwapenlisensie-aansoek en nie net na ‘n spesifieke kantoor die naaste aan hul woonadres nie.

Daar moet ook seker gemaak word dat daar genoeg behoorlik opgeleide polisielede beskikbaar is om die publiek met vuurwapenlisensies tot diens te wees.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.