fbpx
Vryheidsfront Plus

Polisie, gemeenskap en veiligheidsmaatskappye werk saam om klopjag op dwelmhuise uit te voer

Die harde werk van polisielede van die Sedibeng-misdaadintelligensie, gesteun deur reserviste en privaat veiligheidsmaatskappye om dwelmhuise in Meyerton te ontbloot, gaan nie ongesiens verby nie.

In die lig van die stygende misdaadsyfer in Gauteng waar misdadigers die oorhand kry, is daar nog polisielede wat skouer aan die wiel sit om misdaad te help bekamp.

Die samewerking tussen die polisie, sakesektor en gemeenskap, dien weer as bewys dat groot sukses bereik kan word om die gemeenskap veilig te hou.

Gedurende die klopjag is op ‘n nagemaakte geweer, ammunisie, dwelms – waaronder metamfetamien (tik), kokaïen-rookpype en ‘n groot hoeveelheid dagga beslag gelê.

Een persoon is in hegtenis geneem.

Die VF Plus het Sedibeng se misdaadintelligensiespan, die Meyerton-reserviste en private veiligheidsmaatskappye bedank vir hul volgehoue diens teenoor die gemeenskap.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.