fbpx
Vryheidsfront Plus

Plakkers by Glen Marikana verwyder ná druk van VF Plus

Ná volgehoue druk van die VF Plus en die gemeenskap van Kemptonpark, het die polisie uiteindelik vandag ʼn uitsettingsbevel toegepas om onwettige plakkers vanaf Glen Marikana na Putfontein te verskuif.

Die VF Plus sou wou sien dat die uitsettingsbevel al ses jaar gelede uitgevoer moes gewees het nadat die Johannesburgse hooggeregshof in die grondeienaar se guns beslis het dat die plakkers van sy plaas verwyder moet word.

Die uitsettingsbevel is egter nooit uitgevoer nie.

Intussen het die inwoners van ʼn klein groepie na sowat 3 000 aangegroei.

Die polisie, privaat veiligheidsmaatskappye en die metropolisie van die Ekurhuleni-metro is tans besig om die plakkershutte af te breek en na Putfontein te verskuif.

Die VF Plus verwelkom die verskuiwing en is sterk gekant teen die onwettige besetting van grond.

Informele nedersettings ontvang ook nie dienste soos water en sanitasie van die metro nie en veroorsaak ʼn gesondheids- en omgewingsrisiko – nie net vir hulself nie, maar ook vir ander inwoners van omliggende gebiede.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.