fbpx
Vryheidsfront Plus

Phokwane keur gebrekkige begroting goed

Die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp, Pampierstad) het tydens ‘n spesiale raadsvergadering die 2022/23-finansiële begroting goedgekeur ten spyte van ernstige tekortkominge.

Die VF Plus het tydens die vergadering hierdie tekortkominge uitgewys waaronder die onvoldoende voorsiening vir die herstel en onderhoud van die padnetwerk. Paaie in die munisipaliteit is in sommige gevalle bykans onbegaanbaar.

Teen hierdie agtergrond word ‘n bedrag van R800 000 vir die burgemeester, mnr. Tebogo Africa, se ampsmotor begroot.

Tariefverhogings is soos volg:

Water : 6%
Vullisverwydering : 6%
Eiendomsbelasting : 6%
Krag : 7,47%

Die begroting is met ‘n meerderheidstem aanvaar nadat net die VF Plus teen die begroting gestem het.

Gemeenskapslede van Hartswater, wat op uitnodiging van die VF Plus die vergadering bygewoon het, was ongelukkig omdat beide die DA se raadslede afwesig was tydens die vergadering.

Een van die munisipaliteit se groot probleme is die lae invorderingskoers vir diensterekening wat einde Februarie op 46% gestaan het en ‘n tekort van R147,2 miljoen tot gevolg gehad het.

Met die verhoogde tariewe bestaan daar ‘n wesenlike gevaar dat die invorderingskoers nog verder sal daal.

Die finansiële krisis waarin die munisipaliteit hom tans bevind, is weens van die ANC se wanbestuur, kaderontplooiing en die versuim om aan die ouditeur-generaal (OG) se aanbevelings gehoor te gee.

Die VF Plus sal voortgaan om te veg vir die verbetering van basiese dienslewering.

Die inwoners van Phokwane verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.