fbpx
Vryheidsfront Plus

Parlementsdebat: Ad hoc-komitee om oorsig oor minister van elektrisiteit te doen is noodsaaklik

‘n Ad hoc-komitee om oorsig te hou oor die werk van die nuwe minister van elektrisiteit is noodsaaklik.

Een van die kernfunksies van Suid-Afrika se parlement is om oorsig oor die uitvoerende gesag uit te oefen. Daarom is daar ‘n portefeuljekomitee vir elke pos in die kabinet.

Dit hou die minister, die departemente en ander entiteite onder die minister se gesag, verantwoordbaar.

Teen die verwagting in is daar egter geen oorsigkomitee oor die presidensie nie – ‘n leemte wat die VF Plus en ander opposisiepartye al herhaaldelik uitgewys het.

Die noodsaak daarvan word versterk deur bykomende ministers wat in die presidensie aangestel word. Die minister van elektrisiteit, dr. Kgosientso Ramokgopa, is reeds die derde een.

Aangesien elektrisiteitsvoorsiening tans die maak-of-breek-kwessie in Suid-Afrikaanse politiek is, is so ‘n komitee onontbeerlik.

Die eerste taak sal wees om oorsig te hou oor afbakening tussen die betrokke minister teenoor die ministers van minerale hulpbronne en energie; en die minister van openbare ondernemings (verantwoordelik vir Eskom).

Tydens die debat hieroor het die ANC se me. Mina Lesoma aangedui dat hierdie minister geen begroting van sy eie en geen jaarlikse prestasieplan het nie.

Dit lê volgens haar in die presidensie. Pleks dat dit gemoedsrus skep, skep dit onrus.

Die VF Plus steun daarom die voorstel dat ‘n ad hoc-komitee aangestel word om oorsig te doen oor die minister veral weens die tydelike aard van sy aanstelling.

Die belangrikste is om daarop te let dat die tweejaartermyn wat vir hierdie ministerie in vooruitsig gestel word, met die 2024-verkiesing onderbreek kan word.

Dit sal ook die einde van die voorgestelde ad hoc-komitee teweeg bring.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.