fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Owerhede en inwoners span saam om misdaad in Tshwane-metro te bekamp

Misdaadbekamping in die Tshwane-metro is een van die prioriteite van die koalisieregering en daarom is samewerking tussen owerhede en die gemeenskap noodsaaklik om sukses te bereik.

VF Plus-raadslede, lede van die Sektor 4-gemeenskapspolisiëringsforum, die polisie, metropolisie en inwoners het onlangs saamgespan en ‘n suksesvolle padversperringsoperasie gehou as deel van ‘n veiligheidsbewusmakingsaksie in die Kameeldrift- en Kirkney-gebied.

Die VF Plus, as koalisievennoot, kan nie toelaat dat misdaad toeneem nie en het dadelik gereageer op ‘n oproep van Nico van Vuuren van Sektor 4 om alle veiligheidsorganisasies asook inwoners betrokke te kry in ‘n poging om misdaad te bekamp.

Die VF Plus het tydens die aksie ‘n beroep op die gemeenskappe van Kameeldrift en Kirkney gedoen om betrokke te raak by hul onderskeie buurtwagte en gemeenskapspolisiëringsforums.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.