fbpx
Vryheidsfront Plus

Oudit 2021: Vrystaat stagneer, verkwis R102 miljoen

‘n Toename van R26 miljoen in verkwiste uitgawes wys dat die Vrystaatse ANC-regering nie in staat is om dié provinsie se geldsake te bestuur nie.

Vrugtelose uitgawes in die Vrystaat vir die 2019/2021-boekjaar het R71 miljoen beloop en het in 2020/2021 verhoog tot R102 miljoen. Die agteruitgang duur reeds jare sonder enige teken van verbetering.

Nie een provinsiale departement kon ‘n verbetering in oudituitkomste vir die jaar toon nie.

Selfs die provinsiale tesourie het swakker oudituitkomste as die vorige finansiële jaar ontvang.

Die algemene indruk van die ouditeur-generaal (OG) oor die Vrystaat is dat dié provinsie nie daarin kon slaag om finansiële onreëlmatigheid aan bande te lê nie.

Onreëlmatige uitgawes vir die laaste boekjaar beloop R2,2 miljard.

Die departemente van polisie, paaie en vervoer was met R1 miljard vir byna die helfte van hierdie uitgawes verantwoordelik.

Die OG het ook ses gevalle gevind waar vir dienste en produkte betaal is wat nie gelewer is nie. Wesenlike onreëlmatighede, wat agterstallige skuld, waarde vir geld en gebrekkige salarisstelsels insluit, het meer as R128 miljoen beloop.

Die gebrek aan politieke en administratiewe leierskap is duidelik. Dit blyk duidelik uit die feit dat die provinsie se tesourie, wat as voorbeeld vir ander departemente moet dien, se oudituitkomste ook verswak het.

Die ANC se gewoonte om niemand verantwoordbaar hou vir die provinsie se finansiële onreëlmatighede nie, kos die provinsie elke jaar honderde miljoene rand.

Vrystaters verdien ‘n regering wat politieke en administratiewe leierskap aan die dag lê en nie die publiek se belastinggeld verkwis nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.