fbpx
Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Optrede teen raadslede van Sedibeng-distriksmunisipaliteit moet as voorbeeld dien vir ander munisipaliteite

Die VF Plus verwelkom die Gautengse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Lebogang Maile, se besluit om op te tree teen raadslede van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit (die plaaslike munisipaliteite Emfuleni, Lesedi en Midvaal val onder dié distriksmunisipaliteit) wat ten gunste was van die buitensporige salarisaanpassing van die munisipaliteit se voormalige munisipale bestuurder, wyle Stanley Khanyile.

Khanyile het ‘n salaris van R1,8 miljoen per jaar ontvang terwyl die pos vir R1,2 miljoen per jaar geadverteer is. Khanyile het die salaris sedert 2018 tot sy dood in Oktober vanjaar ontvang.

Dis onrusbarend dat die buitensporige salaris nooit onder die aandag van die relevante oorsigkomitees van die Gauteng-wetgewer gebring is om dit betyds aan te spreek nie.

Die VF Plus sal daarop aandring dat die raadslede van Sedibeng wat in die Cogta-verslag betrek word by onreëlmatige en ongemagtigde besteding terwyl Khanyile as munisipale bestuurder gedien het, verantwoordelik gehou word en die geld aan die munisipaliteit terug betaal.

Raadslede word deur die gemeenskap verkies om hulle in munisipale rade te verteenwoordig en moet ten alle tye verantwoordbaar gehou word vir hul dade.

Dit is onredelik dat belastingbetalers moet betaal vir amptenare en raadslede se wanbesteding en korrupsie en daarom sal die VF Plus nie huiwer om ongerymdhede bloot te stel nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.