fbpx
Vryheidsfront Plus

Optrede om Tshwane-metroraad onder administrasie te plaas, is voortydig en polities gemotiveerd

Die Gautengse premier, David Makuhura, se aankondiging vandag dat die Tshwane-metroraad onder administrasie geplaas word, is voortydig en polities gemotiveerd.

Die implikasie daarvan is dat wanneer die metroraad ontbind word in terme van Artikel 139(1)(c) van die Grondwet, moet ‘n verkiesing binne 90 dae plaasvind.

Die ontbinding van die metroraad is ‘n uiters drastiese stap en in terme van die Grondwet is daar ander remedies wat eers oorweeg kan word alvorens tot die stap oorgegaan word. Die bedoeling van die Grondwet is dat die onbinding van die raad as ‘n finale oplossing beskou word en nie soos tans deur die provinsie toegepas word nie.

Die verkiesing sal miljoene rand kos terwyl die 2021-plaaslike verkiesing aanstaande jaar plaasvind. Dit maak die provinsie se optrede soveel meer onsinnig.

Die ANC het verskeie geleenthede gehad om die koalisieregering te ontsetel, maar het elke keer besluit om eerder die raadsvergaderings te verlaat om sodoende te verhinder dat ‘n kworum teenwoordig is. Hierdie optrede van die ANC is polities gemotiveerd en het niks met die funksionering van die metroraad te doen nie.

Die VF Plus oorweeg tans sy opsies en is in gesprek met koalisievennote om te verseker dat geregtigheid geskied en dat politieke agendas nie bo die inwoners van die Tshwane-metroraad se belange geplaas word nie.

 

Kontaknommer: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.