fbpx
Vryheidsfront Plus

Oorwinning vir VF Plus en fluitjieblasers

Geregtigheid seëvier in die Midvaal-stadsraad deurdat dié stadsraad tydens ‘n raadsitting op 28 Maart besluit het om nie minder nie as vyftien eiendomme waarop onregmatig beslag gelê is, aan hul regmatige eienaars terug te gee.

Dié eiendomme is slegs ‘n paar van die 241 eiendomme waarop daar tussen 2001 en 2008 deur die regsfirma Odendaal en Summerton, namens die stadsraad, beslag gelê is.

Die VF Plus en ander fluitjieblasers het reeds in 2011 ‘n groot oorwinning behaal na ‘n verdoemende verslag deur adv. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer, getiteld “This can’t be right” wat gelei het tot verdere ondersoeke en verslae deur die spesiale ondersoekeenheid.

Daar is egter nooit opgetree nie en die saak het byna ongesiens ‘n stille dood gesterf. Gedurende hierdie tyd het die DA-beheerde stadsraad klaarblyklik verkies om nie op te tree nie en is die fluitjieblasers, waaronder raadslede Kobus Hoffman en Corrie Pypers, afgedank eerder as om teen die skuldige partye op te tree.

Geskorste amptenare soos die munisipale bestuurder, mnr. A.S.A. de Klerk, adjunk-munisipale bestuurder, mnr. T. Peeters en vele ander betrokkenes wat die DA beskerm het, sal nou verantwoording moet doen vir die viktimisering van die fluitjieblasers.

Die VF Plus is oortuig daarvan daar is honderde belastingbetalers wat op oneerlike wyse van hul eiendom ontneem is. Die party versoek alle inwoners wat hierdeur geraak is, om dringend na vore te kom.

Die VF Plus sal voortgaan om die vervolging van die betrokkenes te verseker en druk op die munisipaliteit plaas om die miljoene rande in onkoste van die regsfirma Odendaal & Summerton te verhaal.

Die optrede van die DA onder leiding van die toenmalige burgemeesters mnr. T. Nast en mev. M. Wenger, sal nog lank by die DA in Midvaal spook.

 

Kontaknommer: 071 640 7283

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.