fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Oortydbetaling van munisipale werkers lei tot probleme met noodsaaklike dienste in Mogalakwena-munisipaliteit

Dit is onaanvaarbaar dat ‘n krisis met die oortydbetaling van munisipale werkers daartoe lei dat noodsaaklike dienste soos die brandweer, verkeersdienste en die instandhouding van krag- en waterinfrastruktuur nie behoorlik gelewer kan word in die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit nie.

Al hierdie dienste is noodsaaklik en die onderbreking daarvan kan die gesondheid en veiligheid van Mokopane se inwoners bedreig.

Dit is onaanvaarbaar dat die getroue belastingbetalers van Mokopane moet ly onder die finansiële wanbestuur van die munisipaliteit onder ANC-beheer.

Pleidooie aan die munisipaliteit om die krisis van oortydbetaling te behandel, val op dowe ore.

Die VF Plus se LPW in die provinsiale wetgewer, Marcelle Maritz, het daarom Limpopo se LUR vir plaaslike regering en tradisionele sake (Cogta), Basikopo Makamu, versoek om dringend in te gryp en druk te plaas op die munisipaliteit om sy verpligtinge teenoor inwoners na te kom.

Dit is skokkend dat die eens vooruitstrewende munisipaliteit binne ses jaar tot absolute verval bestuur en besteel is.

Inwoners van Mokopane moet die plaaslike regeringsverkiesing op 1 November gebruik om saam met die VF Plus op te staan, saam te staan en van die onbevoegde ANC in die raad ontslae raak en te vervang met ‘n verantwoordbare en doeltreffende munisipale bestuur.

Navrae: 066 024 4623 / 078 214 6687

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.