fbpx
Vryheidsfront Plus

Onwettige grondbesetters in Mooibank by Potchefstroom verskuif

Die JB Marks-plaaslike munisipaliteit het die VF Plus verseker dat die onwettige grondbesetters in Mooibank by Potchefstroom verskuif sal word. Die proses van verskuiwing van die grondbesetters behoort reeds vandag ‘n aanvang te neem.

Die verskuiwing volg nadat ‘n groep mense op 12 Januarie 2021 landbougrond van die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming beset het.

Die VF Plus het met die besetting onmiddellik opgetree en die departement en die JB Marks-munisipaliteit bygestaan om ‘n dringende hofbevel teen die besetters te verkry.

Die hooggeregshof in Mahikeng het toe beslis dat die besetting van die grond wel onwettig was en ‘n uitsettingsbevel is toegestaan.

Daar is ook beveel dat die uitsetting eers met die opheffing van die Covid-19-ramptoestand uitgevoer mag word.

Ná die opheffing van die ramptoestand het die owerhede egter voete gesleep met die uitvoering van die hofbevel. Dit het gelei tot verskeie probleme vir die wettige inwoners van die Mooibank-omgewing.

Kanaalwater vir landbougebruik is besoedel, misdaad in die omgewing het toegeneem en plaaslike inwoners is selfs deur die besetters aangeval.

Die VF Plus het intussen deurlopend druk op die munisipaliteit toegepas.

Die party het selfs alternatiewe geskikte grond in die munisipale gebied geïdentifiseer waarop die besetters moontlik hervestig kon word.

Die munisipaliteit het die VF Plus se voorstelle geïgnoreer en het en in ‘n verslag aan die raad aanbeveel om die besetters na ‘n stuk ongedienste grond by Klipdrift te verskuif. Dit is sowat 20km buite Potchefstroom.

Dit beteken die probleem word net verskuif eerder as om ‘n volhoubare oplossing te vind soos die VF Plus voorgestel het.

Die VF Plus is bekommerd oor die feit dat daar skynbaar nie konsultasie plaasgevind het met die omringende wettige grondeienaars van Klipdrift nie.

Dit is ook nie duidelik of behoorlike prosesse gevolg is in die uitvoering van die besluit nie.

Die ANC-beheerde munisipaliteit se skynbaar onbeholpe en onverskillige hantering van die hele aangeleentheid tot dusver is ‘n klad op die naam van ‘n eens trotse, funksionele munisipaliteit.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.