Die voortslepende rioolprobleem wat dele van die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) teister, is weens bestaande rioolinfrastruktuur wat nie tred hou met nuwe uitbreidings nie.
Riool vloei padlangs vanaf Carletonville na Welverdiend weens geblokte rioolpype en beland in die Wonderfonteinspruit wat uitmond in die Boskomdam.
Landboubedrywighede tussen die Wonderfonteinspruit en die Boskomdam word ook bedreig deur hierdie aanhoudende rioolstortings.
Die VF Plus het die rioolbesoedeling en -probleme al dikwels onder die aandag gebring van die waarnemende munisipale bestuurder, Lesedi Mere, en meld dit ook daagliks aan by die departement vir water en sanitasie.
Herstelwerk is egter so swak dat die riool na ʼn paar dae net weer by ʼn ander mangat uitstroom.
Die VF Plus het ook die ANC-beheerde raad gewaarsku om eers die nodige munisipale infrastruktuur in plek te sit voordat verdere uitbreidings goedgekeur word.
Ten spyte daarvan is ʼn groot Hop-huis-uitbreiding in Welverdiend goedgekeur wat die huidige infrastruktuur oorbelas.
Dit dui net weer op die ANC se onvermoë om ʼn munisipaliteit suksesvol te bestuur en behoorlik te beplan vir ʼn groeiende inwonertal.
Die inwoners van Merafong is geregtig om in ʼn omgewing te leef en werk wat nie skadelik vir hul gesondheid is nie.
Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die ANC-beheerde raad om sy grondwetlike plig teenoor inwoners na te kom.
Merafong verdien beter as die ANC.
Navrae: 082 671 2302