fbpx
Vryheidsfront Plus

Onteieningswetsontwerp kan nét slegte gevolge inhou

President Cyril Ramaphosa het vandag geen geheim daarvan gemaak dat die voorgenome Wetsontwerp op Onteiening noodsaaklik is om die massas se “honger na grond” te stil nie.

Die president het in antwoord op ‘n parlementêre vraag van die VF Plus oor die grondwetlikheid daarvan gesê die wet is noodsaaklik om “historiese ongelykhede” aan te spreek.

Die wetsontwerp wat voorsiening maak vir ‘nul’ vergoeding vir eiendom, is niks anders nie as onteiening sonder vergoeding en hou ontmeetbare skadelike gevolge vir die land in.

Nieteenstaande die president se versekering dat die land se regstelsel beskerming bied teen ongeregtighede, sal geen belegger die ANC hiermee vertrou nie.

Niemand se eiendom sal veilig wees wanneer die wetsontwerp afgeteken word nie.

President Ramaphosa het gesê die wetsontwerp moet eers deur alle parlementêre prosesse gaan voordat hy kan besluit of dit grondwetlik is of nie en of hy dit sal verwys na die Grondwethof of nie.

Iemand wat nie met sy besluit saamstem nie, kan hom na die howe wend, ook die Grondwethof.

Die VF Plus verwerp die Onteieningswetsontwerp en sal dit op elke manier moontlik teenstaan. Dit sal ‘n uiters gevaarlike instrument in die hande van die ANC wees.

Die wetsontwerp se klousules is in September verlede jaar met ’n ANC-meerderheid in die parlementêre portefeuljekomitee vir openbare werke en infrastruktuur goedgekeur.

Die regering kon in 2021 nie die vereiste tweederde-meerderheid steun in die nasionale vergadering (NV) kry om Artikel 25 van die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak nie.

Die Wetsontwerp op Onteiening is daarom bloot ‘n ander roete wat die ANC volg om wel onteiening sonder vergoeding moontlik te maak.

Die VF Plus het lank reeds gesê hy sal dié wysigings beveg en die party is selfs bereid om Grondwethof toe te gaan om die wet te stuit.

Onteiening sonder vergoeding is ongrondwetlik en kan nie toegelaat word in Suid-Afrika nie.

Grondeienaarskap en die beskerming daarvan is een van die pilare van ‘n demokrasie en veral ‘n grondwetlike demokrasie.

Hierdie wetsontwerp wys hoe min waarde die president en die ANC aan die Grondwet en die demokrasie heg.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.