fbpx
Vryheidsfront Plus

Onluste en protesaksie op Gravelotte kon voorkom word

Gister se onluste en protesaksie teen swak dienslewering op Gravelotte in die Ba-Phalaborwa-plaaslike munisipaliteit, kon voorkom gewees het indien ag geslaan is op die VF Plus se pleidooie.

Die VF Plus het reeds vanaf Mei die munisipaliteit gewaarsku om dringend aandag te skenk aan die waterprobleme op Gravelotte.

Tydens ’n tegniese portefeuljekomiteevergadering, is die VF Plus se kommer afgemaak as onnodig en die waterkrisis is voor die deur van raadslede gelê wat nie hul werk doen nie.

Gister is die party se vrese bewaarheid. Inwoners van Gravelotte het vir die eerste keer onrus beleef toe die gemeenskap die R71-pad na Phalaborwa, Mica en Letsitele by die Gravelotte T-aansluiting versper en bande gebrand het.

Minstens sewe ondernemings moes hul deure vir die dag sluit en niemand kon in of uit die dorp beweeg nie.

Gravelotte is ’n klein dorpie wat ekonomies staatmaak op toeriste op reis na die Krugerwildtuin.

Volgens die bestuurder van waterdienste, Gift Hlungwani, is die Mopani-distriksmunisipaliteit verantwoordelik daarvoor om water aan Gravelotte te lewer en nie Ba-Phalaborwa nie.

Die VF Plus het reeds die algemene bestuurder van Stibium-myn, mnr. Roy Sekwambane, bedank vir die goedhartigheid om water aan Gravelotte te verskaf sonder enige vergoeding van die Mopani-distriksmunisipaliteit al is die myn se permit beperk tot ‘n sekere aantal kiloliter.

Die onlangse oprigting van 650 Hop-huise in die gebied veroorsaak dat die vraag na water oorskry word. Daar is selfs ‘n reservoir vir die gemeenskap opgerig, maar dit is nie voldoende nie.

Die myn se permit maak nie voorsiening vir ekstra water nie en hy kan nie hiermee ook help nie.

Twintig van die oorspronklike woonhuise op die dorp het geen water nie.

Al is die distriksmunisipaliteit verantwoordelik vir waterverskaffing, moet inwoners ‘n aansluitingsfooi en waterrekening aan die Ba-Phalaborwa-munisipaliteit betaal.

Die VF Plus sal die saak nie hier laat nie en sal aanhou veg vir die inwoners van Gravelotte se basiese reg tot watervoorsiening.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.