fbpx
Vryheidsfront Plus

Ondersteuners van Ace Magashule wat boekbekendstelling ontwrig, ondermyn die demokrasie

Die VF Plus veroordeel die optrede van betogers by die bekendstelling van Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State oor die ANC se sekretaris-generaal Ace Magashule en beskou dit as die ondermyning van vryheid van spraak en sodoende ook die demokrasie.

Die VF Plus dring daarop aan dat die polisie die aangeleentheid spoedeisend ondersoek en die mense wat verantwoordelik was vir die beskadiging van boeke, in hegtenis neem om ‘n harde boodskap uit te stuur dat sulke optrede nie geduld sal word nie.

Die polisie moet ook sê waarom hulle die betogers toegelaat het om die bekendstelling te ontwrig en eiendom te beskadig. Myburg self sê die indruk is geskep dat die betogers die polisie voorgesê het wat om te doen.

Die ANC het wel die voorval veroordeel, maar indien die ANC, sy ampsdraers en ondersteuners ‘n verantwoordbare regering voorstaan, sal hulle eerder daarop aandring dat die ernstige bewerings in die boek, wat selfs moord insluit, deeglik ondersoek word.

Hierdie voorval dien as bewys dat die voorbeeld wat parlementslede stel met ongedissiplineerdheid en die neiging tot geweld indien hulle nie tevrede is nie, instrumenteel is tot hierdie soort optrede. Indien parlementslede so ‘n voorbeeld stel, is dit net logies dat sekere lede van die publiek dit sal navolg.

Suid-Afrika is ‘n regstaat en dit staan Magashule vry om hom na die howe te wend indien hy daarmee volhard dat Myburgh se boek sogenaamde fopnuus is wat hom belaster.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.