fbpx
Vryheidsfront Plus

OG-verslag beklemtoon dat sterk optrede teen korruptes in Mbombela nodig is

Die ouditeur-generaal (OG) se verslag oor die prestasie van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit rakende die Munisipale Finansiële Bestuurswet, lewer verdoemende getuienis van wanbestuur met min optrede teen korruptes.

Die oudit-mening vir die 2021/2022-boekjaar wys die prestasie van dié munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) het totaal agteruitgegaan met finansiële state wat duidelike materiële wanvoorstellings bevat.

Mbombela se bedryfslaste het die bedryfsbates met R1,68 miljard oorskry. Dit skep onsekerheid oor die vermoë van die munisipaliteit om as 'n lopende entiteit voort te gaan.

Mbombela het ook wesenlike elektrisiteitsverliese van R259 miljoen gely, wat 24,49% van die totale aangekoopte elektrisiteit is.

Dit is die VF Plus se mening dat die herlewing van die voormalige inkomste-waardekettingtaakspanne (water, elektrisiteit, finansies, stadsbeplanning, gemeenskapsdienste en openbare veiligheid) noodsaaklik is.

Ongemagtigde, vrugtelose en verkwistende en onreëlmatige uitgawes is nie ondersoek om te bepaal of enige persoon vir die uitgawes aanspreeklik was nie.

Die VF Plus sal druk toepas dat ondersoeke gedoen word. Die skuldige amptenare moet dissiplinêr sowel as strafregtelik aangekla en vervolg word.

Geen redelike stappe is geneem om die onreëlmatige uitgawes van R152,67 miljoen te voorkom nie. Miljoene rande van die munisipaliteit is vermis waarvoor daar geen verantwoording gedoen is nie.

Die VF Plus sal toesien dat sodanige oorsig begin plaasvind.

Die eerste kritieke stap wat geneem moet word om die stand van Mbombela te verbeter, is om eerstens ‘n proses van desentralisasie in kleiner, gemeenskapsgegronde bestuurseenhede daar te stel.

Tweedens moet wetgewing só gewysig word dat die munisipale bestuurder en die departementele hoofde effektief verantwoordelik gehou kan word.

Dit is al wyse waarop verhinder kan word dat Mbombela totaal in duie stort.

Jaar ná jaar word gesien hoe die ouditverslae van die OG melding maak van groot ongerymdhede sonder enige gevolge vir nalatige en korrupte amptenare.

Streng optrede sal daartoe bydra dat amptenare deur die wet gedwing word om op te tree teen korrupsie wat deur die OG in sy verslae geïdentifiseer word.

Een van die bevoegdhede van die OG is om 'n sertifikaat van skuld aan rekenpligtige beamptes en departementshoofde uit te reik vir die versuim van optrede in gevalle waar wanbesteding plaasgevind het.

Die OG kan sake teen korrupte amptenare na die Valke, die spesiale ondersoekeenheid (SO) en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) vir ondersoek verwys.

Die VF Plus sal graag wil sien dat hierdie proses nou so gou as moontlik in werking kom sodat die publiek oplaas optrede kan sien.

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.