fbpx
Vryheidsfront Plus

OG moet nou ingryp by Mangaung se oudit-nagmerrie

Die ouditeur-generaal (OG) het ‘n verantwoordelikheid om op te tree teen amptenare in die Mangaung-metro-munisipaliteit wat nie gehoor gee aan wetlike verpligting wat verband hou met die metro se ouditproses nie.

Die VF Plus sal die OG versoek om hierdie stappe te neem nadat die wysiging van die Openbare Ouditwet verlede jaar van krag geword het.

Die OG het in sy verslag wat Dinsdag aan die metro se munisipale openbare rekeningekomitee voorgelê is, bevind dat Mangaung se oudit-uitkomste teenoor die van vorige finansiële jaar verswak het. Gevolglik het Mangaung ‘n gekwalifiseerde oudit met bevindings ontvang.

Die VF Plus is saam met die OG besorgd oor die feit dat Mangaung nie aan wetlike vereistes voldoen nie. Die OG het ook sy kommer uitgespreek oor politieke inmenging in die munisipaliteit. Dié kantoor het nou die mag en die verantwoordelikheid om op te tree en stappe te neem teen amptenare wat nie ouditwetgewing nakom nie.

Mangaung se metroraad het ook ‘n verantwoordelikheid om stappe teen onreëlmatige finansiële bestuur te neem. Jaar na word dit egter nie gedoen nie en word skuldiges in die raad beskerm.

Die OG het geen ander keuse nie as om die onreëlmatige bestuur van finansies in die munisipaliteit na die betrokke owerhede te verwys en skuldsertifkate aan die betrokke amptenare uit te reik. Die ANC kan nie voortgaan om sy verpligting om wetgewing wat met finansiële bestuur verband hou, te ignoreer nie.

Inwoners van Bloemfontein, wat Maandag vir die soveelste keer waterprobleme ervaar het, verdien ‘n munisipaliteit wat sy finansies tot voordeel van die inwoners aanwend. Die OG het nou 'n geleentheid om ook namens ons inwoners op te tree.

Kontaknommer: 082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.