fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe waarnemende hoof van misdaadintelligensie oënskynlik nog ‘n Zuma-kader

Die aanstelling van genl.maj. King Bhoyi Ngcobo as die nuwe waarnemende hoof van misdaadintelligensie is baie kommerwekkend aangesien dit duidelik net nog ‘n ontplooiing van ‘n lojale kader van pres. Jacob Zuma is, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Dr. Groenewald sê alhoewel dit wil voorkom of Ngcobo met sy twintig jaar diens in die polisie redelike ervaring het, is daar ‘n wolk van omstredenheid oor sy kop weens die bewerings dat hy sy matrieksertifikaat vervals het.

Voordat Ngcobo vir ‘n kort periode waargeneem het as hoof van intelligensie met Richard Mdluli se skorsing, was hy ‘n persoonlike lyfwag van die president, en het hy baie na aan die staatshoof beweeg.

Volgens dr. Groenewald is dit duidelik dat pres. Zuma totale beheer wil hê oor die verskillende afdelings van die intelligensiedienste, in hierdie geval misdaadintelligensie.

“Die vorige waarnemende hoof van misdaadintelligensie, genl.maj. Pat Mokushane, is juis vervang omdat hy ‘n vervalste sekerheidsklaring verkry het. Dit laat vrae ontstaan oor die geloofwaardigheid van die proses van sekerheidsklarings. Die vraag kan daarom gevra word hoe geloofwaardig gaan Ngcobo se klaring wees?

“Hierdie aanstelling laat ook kommer ontstaan oor die toekomstige aanstelling van ‘n permanente nasionale polisiekommissaris. Dit is duidelik dat pres. Zuma hom met lojaliste omring en nie sal skroom om weer ‘n politieke aanstelling in dié pos te maak nie.

“Die polisie is in ‘n krisis omdat sy topbestuur nie op standaard is nie, weens waarnemende aanstellings in strategiese poste, en omdat politieke ontplooiings nie ‘n premie op kundigheid en ervaring plaas nie,” sê dr. Groenewald.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.