Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Nuwe metro-polisiebeamptes sal help om verkeer in Kemptonpark te reguleer

Kemptonpark se verkeersprobleme behoort binnekort iets van die verlede te wees nadat die Ekurhuleni-metroraad ‘n groot aantal metro-polisiebeamptes aangestel het om verkeer in die gebied te reguleer.

Die 478 nuwe metrolede sal in Julie vanjaar met hul pligte begin en ‘n groot persentasie van die lede sal aan Kemptonpark beskikbaar gestel word.

Sedert beurtkrag in April vanjaar ingestel is, is die verkeer in Kemptonpark bykans tot stilstand gedwing en die afwesigheid van puntsmanne in besige strate het die situasie vererger.

By groter kruisings soos CR Swart en P38, Monument en Van Riebeeck, Monument en Dunnweg, Atlas en Geldenhuysweg, Atlas en O’Hareweg word meer as een puntsman by ‘n kruising benodig.

Die VF Plus is gereeld besig om kragonderbrekings in Ekurhuleni aan te spreek en as deel van die koalisieregering planne te beraam om ondanks die benarde finansiële situasie waarin die ANC die metro agtergelaat het, kragnetwerkte te onderhou en herstelwerk so gou as moontlik af te handel.

Dit sluit ook metodes in om wanneer verkeersligte buite werking is, genoeg personeel beskikbaar te stel om verkeersopeenhopings te vermy.

Die VF Plus dra die inwoners van Ekurhuleni se belange op die hart en sal sorg dat hulle die dienste ontvang waarvoor hul ten duurste betaal.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.