fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe burgemeester gaan verval in Mangaung nie keer

Die Mangaung-metroraad het mnr. Mxolisi Siyonzana van die ANC vandag tydens ‘n spesiale raadsitting verkies tot nuwe burgemeester van die metro ná die verwydering van die vorige burgemeester, Olly Mlamleli, op 7 Augustus 2020.

Mlamleli is verwyder deur ‘n suksesvolle VF Plus-mosie van wantroue.

Die VF Plus glo nie dat ‘n nuwe ANC-burgemeester enige verandering aan die reeds kreupel Mangaung-metro se swak dienslewering en verval sal bring nie. Daarvoor is die ANC-beheerde metroraad te veel gefokus op eie gewin en sy eie, vernietigende beleidsrigtings.

Die VF Plus hou dus nie sy asem op dat Siyonzana tydens sy termyn sal fokus op goeie bestuur, die drastiese regruk van dienslewering en om korrupsie te beveg nie.

Die enigste oplossing vir die inwoners van Mangaung is om met die komende verkiesing die onbevoegde ANC by die stembus te straf en te vervang met ‘n verantwoordelike en korrupsievrye bestuur waarvan diw VF Plus deel moet wees.

Navrae: 082 305 1540

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.