fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe burgemeester gaan nie verval in Johannesburg keer

Die Johannesburgse metroraad het mnr. Jolidee Mantongo van die ANC vandag tydens ‘n spesiale raadsitting verkies tot nuwe burgemeester van die metro ná die afsterwe van die vorige burgemeester, Geoff Makhubo, op 9 Julie vanjaar.

Ná samesprekings tussen die VF Plus en sekere politieke partye is besluit om nie in hierdie stadium ‘n alternatiewe burgemeesterskandidaat voor te stel nie en eerder op die komende plaaslike regeringsverkiesing te fokus.

Die Johannesburgse metro is in só ‘n moeras van ekonomiese verval dat geen nuwe ANC-burgemeester maklik enige verandering teweeg sal bring nie.

Die enigste oplossing vir die inwoners van Johannesburg is om met die komende verkiesing die onbevoegde ANC by die stembus te straf en te vervang met ‘n verantwoordelike en korrupsievrye bestuur wat ‘n volle termyn kan dien om sodoende belastingbetalers se vertroue te wen.

Navrae: 082 358 3882

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.