fbpx
Vryheidsfront Plus

Nuwe 66kV-kragkabel in Kemptonpark bring stabiliteit

Die nuut geïnstalleerde 66kV XLPE-hoogspanningskragkabel in Kemptonpark, bring kragstabiliteit vir sekere woongebiede wat die afgelope jare gebuk gegaan het onder geweldige kragonderbrekings.

Inwoners van Rhodesfield, Kemptonpark se middedorp, Aston Manor, Nimrodpark, Glen Marais, Pomona, Bonaeropark en die OR Tambo-Internasionale Lughawe se kragtoevoer is nou gestabiliseer.

Dit beteken nie alle kragprobleme is uitgeskakel nie.

Kragonderbrekings by die Rietfontein-, Glen Marais- en hooftoevoer-substasies sal die kragtoevoer in gebiede waar die nuwe 66kV-kabel geïnstalleer is, beïnvloed.

Die res van Kemptonpark se kragprobleme sal eers opgelos wees wanneer die volgende twee fases gedurende die 2023/24-finansiëlejaar afgehandel is.

Dié gebiede is afhanklik van ‘n ou medium- en hoogspanningskragnetwerk en daarom sal onderbrekings plaasvind omdat die elektriese infrastruktuur nie onderhou of vervang was nie.

Die VF Plus sal steeds onder die nuwe ANC-regering alles in sy vermoë doen om te sorg dat die hele Kemptonpark van ‘n stabiele kragnetwerk voorsien word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.