fbpx
Vryheidsfront Plus

Nog ‘n ongeluk op gevaarlike R572-pad in Limpopo

Die R572-pad tussen Swartwater en Alldays in die Blouberg-plaaslike munisipaliteit het nog ‘n lewe geëis nadat pleidooie vir die herstel van dié pad op dowe ore geval het.

Die VF Plus het op 4 April die R572 self besoek en ‘n skrywe gerig aan die LUR vir openbare werke, paaie en infrastruktuur, Dickson Masemola, om dringend aandag te skenk aan die toestand van die pad.

In die skrywe het die VF Plus ook gewaarsku dat indien die pad nie dringend herstelwerk ondergaan nie, dit tot nog lewensverlies kan lei.

Die VF Plus se waarskuwing en vrese is verlede week bewaarheid met nóg ‘n noodlottige ongeluk Vrydag wat ’n man se lewe geëis het.

Dit is teleurstellend dat die LUR nie eens ’n poging aangewend het om te antwoord op die VF Plus se skrywe nie en ook geen aandag aan die saak geskenk het nie.

Die lewe van padgebruikers is duidelik nie vir die ANC van belang nie.

Die VF Plus sal aanhou om druk te plaas op die departement en LUR om herstelwerk aan die R572 te prioritiseer.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.